Die BL konsep werk op die siviele vlak van regering, 11 Junie 2021

Die BL konsep werk op die siviele vlak van regering, 11 Junie 2021

User Photo
Boerelegioen

3 weeks
2 Views
Share 0 0
Category:
Description:
#boerelegioen
#komopparade
#dieboerekom
Die konsep van die boerelegioen as 'n beweging is om alle organisasies en die Suidlanders op een parade te kry, sodat daar 'n gesamentlike roll call gehou kan word om te sien wat is reeds oor 27 jaar gevestig in terme van die opleiding en vestiging van 'n siviele magte wat instaat kan wees om die minderheidsgemeenskappe in die RSA effektief te beskerm en selfs domineringsgebiede te verdedig indien dit sou nodig word.

In die video word 'n uittreksel gebruik uit die boek : "Voëlvry" geskyf deur Dr. Gerhard de Bruin wat 'n gedragswetenskaplike is en 'n wetenskaplike ontleding van die sosio ekonomiese toestand gedoen het en met ooglopende oplossings vorendag kom om onsself uit die toestand van "voëlvry" te laat ontsnap.

Die boodskap is baie duidelik: Die Boere is nie bang nie en het nie nodig om te vlug nie. Nooit in die geskiedenis het enige bedreiging die volk gedwing om te vlug nie. Omstandighede het die trekkers laat trek uit vrye wil met een doel voor oë- en dit is om die onbekende binneland te verken en daar te gaan vestig as grootliks landbouers.

Elke dorp in die RSA het dus 'n baie ryk geskiedenis met verhale van stryd en swaard en uiteindelike voorspoed, waar goud ontdek is en landbou en nywerheid hand-aan-hand ontwikkel het tot ekonomiese reuse in die wêreld.

Gaan ons as opregtes en ware Afrikaner/Boere toelaat dat ons deur die bedreiging weggedryf word, of gaan ons vasstaan en sorg dat ons instaat is om enige aanval of verklaarde oorlog af te weer, ongeag die magte wat agter die waansinnige hordes oorlog finansier en onrus aanblaas?

U kan die boek op die webwerf se aanlyn winkel bestel @R250 per eksemplaar . R50 word met elke verkope geskenk aan die Boerelegioen se opleidingsfonds.

Saluut
www.boerelegioen.co.za

Comments:

Comment
Up Next Autoplay
Visit LovingLifeTV.com