As die fondamente omgegooi word, 6

As die fondamente omgegooi word, 6

User Photo
Boerelegioen

2 months
14 Views
Share 0 0
Category:
Description:
#boerelegioen
#komopparade
#komopjouknieg
#dieboerekom
Ds Pieter Cronje is die Kapelaan generaal van die Boerelegioen. Hy is besig met 'n hele reeks van predikings met die titel : As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?
gebruik Dawid wat Psalm 11 gevra het
Vers 2 : Sê Dawid : " By die Here skuil ek"
Elke persoon sal iewers in sy lewe moet besef dat Daar net een plek is om te skuil
Dawid berispe sy raadgewers wat hom adviseer om na die berge te vlug. Dawid is oortuigend as hy vir sy raadgewers sê : Ek skuil by die Here.
Hoe lyk die fondamente van die gelowige individu en die van 'n Christen land?
In die aflewering behandel Ds.. Pieter die omgegooide fondamente in ons eie lewens, ons families, in ons dorpe en stede en in ons land. Hoe lyk die hele wêreld?

Diegene wie se geloof in Jesus Christus vas is soos Dawid se geloof, sal die fondamente nie omgegooi kan word nie.

eerste fondament : Hoe lyk hierdie wêreld? Die wêreld lê in die mag van die bose. Ons moet dit weet. mense glo dit nie meer nie. Dis hoekom daar drankskool en dwelm rehabilitasie is. Ons mense plak net die pleisters op en aanvaar maar net dat dit 'n wêreld probleem is.
Almal aanvaar dat ons net gerehabiliteer moet word. Die Bybel sê ons moet VERLOS word.

Wedergeboorte plaas die begeerte in ons harte om nie meer sonde te doen nie.
Meeste mense gaan hel toe omdat hulle leuens oor sg. saligheid glo.
Die fondament wat vasstaan oor HOE om aan die HERE te behoort, is omgegooi deur valse leëringe oor hoe om die ewige Lewe te beërwe.

Ons sê so maklik wanneer iemand sterf, hierdie persoon is beter af. Die WAARHEID is dat as iemand sonder JESUS sterf, is daar net een pad.....die hel en ewige oordeel. Ons moet as Kinders van GOD mede verantwoordelikheid neem oor die lewens van ons naaste.

Die kondisie van my omgewing het niks met gedrag te doen nie. Die leuens dat moordenaars die produk van hulle omgewing is, is 'n leuen!!
Die toestand van jou hart bepaal jou keuses!!
Die fout in die wêreld lê in die verlore toestand van mense se harte....nie hulle siele nie.
Die fondasie is omgegooi omdat ons mense nie glo dat die geestelike vader van elk mens wat nie aan JESUS behoort nie, die satan is nie.

As u met Ds. Pieter wil kontak maak, kan u 'n versoek rig aan Marinda by 063 057 0996
U kan ook 'n epos stuur aan info@boerelegioen.co.za

U kan daagliks kapelaansboodskappe ontvang as u lid word van die Boerelegioen.

Sluit aan deur die webwerf : www.boerelegioe.co.za

Saluut

Comments:

Comment
Up Next Autoplay
Visit LovingLifeTV.com